Suiwer Land-Boeddhisme

Suiwer Land-Boeddhisme
Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.
Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.
Vertalings
Viëtnamees Tịnh Độ Tông
Tradisionele Sjinees 净土宗
Vereenvoudigde Sjinees 淨土宗
Pinyin Jìngtǔzōng
Japannees 浄土仏教 (Jōdo bukkyō)
Koreaans 정토종 (jeongtojong)

Suiwer Land-Boeddhisme, in die Weste ook bekend as Amidisme,[1][2] is ’n groot tak van Mahayana-Boeddhisme en een van die mees algemene tradisies van Boeddhisme in Oos-Asië. Suiwer Land se leringe sentreer om Amitabha Boeddha.

Die praktyke en begrippe wat in Suiwer Land voorkom, word aangetref in die basiese Mahayana-kosmologie en is ’n belangrike deel van dié tradisie in China, Japan, Korea, Viëtnam en Tibet. Die term "Suiwer Land-Boeddhisme" kan verwys na die Suiwer Land-tradisie of Suiwer Land-leerstellings van Mahayana, sowel as die aparte Suiwer Land-sekte wat in Japan ontwikkel het. In die Japannese Boeddhisme het Suiwer Land-leringe ontwikkel in ’n onafhanklike institusionele sekte, soos gesien kan word in die Jōdo-shū- en die Jōdo Shinshū-skool.

  1. Amidism, Britannica Online Encyclopedia
  2. Amidism The Columbia Encyclopedia

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne